Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klub vier twee dekades

Die Vredenburg-tuinbouklub is al twee dekades oud. Hierdie plaaslike klub van ywerige tuinbou-entoesiaste is reeds in 2001 gestig en het elke jaar van krag tot krag gegaan.

Die Vredenburg-tuinbouklub het verlede week, Woensdag 21 April, sy 20ste bestaansjaar met ’n heerlike geselligheid en middagete by die Hoedjiesbaai-hotel in Saldanha gevier.

Erna du Plessis, stigterslid van die klub, daag inwoners uit om hul tuine te verfraai en daardeur te ontdek hoe lekker en ontspannend tuinmaak is. Om die Vredenburg-tuinblouklub se beson­dere mylpaal van 20 jaar te vier, deel sy graag ’n paar wenke met die lesers.

“Al is die damme voller as gedurende die erge droogte wat ons onlangs beleef het, moet tuiniers onthou om volhoubare plante te plant,” beveel sy aan.

“Net omdat ons nou weer water het, beteken dit nie dat die Weskus nie weer deur ’n droogte sal gaan nie. Daar is sulke wonderlike fynbos en inheemse plante wat min water in ons streek vereis.”

Du Plessis sê vertikale tuine is die nuutste neiging, veral in beperkte ruimtes. “Vertikale tuine word dikwels ook van herwinde houers, breekware en selfs ou bande gemaak. Dink aan ’n plantjie in ’n ou teepot of koppie. Beperkte ruimtes beteken ons moet skeppend dink en dan volg interessante en unieke ontwerpe.”

Du Plessis sê die deel en uitruil van steggies met vriende of bure is ’n geskikte manier om ’n tuin uit te brei.

“Ons het almal ons bure beter leer ken gedurende die nasionale inperking. Tuinmaak is ’n manier om vriendskapsbande te bou en goeie geselskap te geniet.”

Inwoners wat graag by die Vredenburg-tuinbouklub wil aansluit, kan Du Plessis by 083 285 2729 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.