Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koeël in skedel ná kaping

Die polisie is op soek na twee gewapende rowers wat Maandag glo ’n swart Mitsubishi-viertrekvoertuig gekaap en die bestuurder in die gesig geskiet het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van Vredenburg-polisie het twee Kongolese vriende, een woonagtig in Paternoster en een in Vredenburg, Sondagaand by mense in die woonbuurt Ongegund gekuier.

Die vriende het ure later, om 01:10 die Maandagoggend, besluit om te verdaag, waarna hulle na die viertrekvoertuig in die straat gestap het.

Een man het aan die passasierskant ingeklim. Toe die bestuurder wou inklim, is hy deur twee mans met vuurwapens oorval. Die boosdoeners het die twee vriende in die ruimte agter die sitplekke van die voertuig met sy verlengde kajuit laat sit. Die gewapende mans het voor ingeklim en met die vriende in die gebied rondgery.

Helfrich vertel die rower wat bestuur het, het daarna op die hoek van Goudstraat en die Suidelike verbygang (Southern bypass) stilgehou. Die kapers het geld geëis en die vriende weer met die vuurwapens gedreig.

Toe die slagoffers sê dat hulle nie geld het nie, is ’n skoot glo afgevuur. Een van die vriende wat hom in die spervuur bevind het, het instinktief sy gesig met sy hande bedek en is raakgeskiet. Die koeël is dwarsdeur sy linkerhand, het sy wang binnegedring en sy skedel naby sy linkeroor gedeeltelik deurboor. Die rowers het daarna glo die voertuig se sleutels gegryp en te voet gevlug.

Die beseerde (34) is vir mediese behandeling na die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad geneem. Hy is in ’n bestendige toestand.

. Enigeen met inligting oor die voorval kan met sers. Simon Sokhuthu by 022 703 6464 in verbinding tree. Inligting sal streng vertroulik hanteer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.