Kundiges meen dit is nou belangriker as ooit om na ander uit te reik weens die eensaamheid wat baie voel in die tyd van die Covid-19-pandemie.
Om mense en hul lewenstories te deel, asook om nader aan mekaar te leef, is juis wat die Human Library SA probeer bewerkstellig.
Die Human Library is ’n internasionale inisiatief waar mense hul lewensverhale as “boeke” deel. Voor Covid-19 het deelnemers gereeld bymekaargekom om in klein groepies te gesels.
Wie ook al bereid was om daardie sessie hul lewensverhaal te deel, was dus ’n “boek”.
Deur dié beweging streef die organisasie om “veilige ruimtes vir dialoog te skep rakende onderwerpe wat dikwels as moeilik of taboe beskou word. Die vrywilligers (menseboeke) deel hul lewenservarings direk met jou (hul leser)”.
Deesdae, weens die inperking, deel die “boeke” van die Human Library SA hul stories op hul Facebookblad.
Hier is stories van verskeie uitdagings en hoe mense gestreef het om dié uitdagings aan te pak.
Lief en leed word gedeel en bied inspirasie vir baie ander wat nodig het om moed te skep.
Weslander het met ’n verteller gesels wat meen die dapper mense wat hul stories deel, is ’n kragtige hulpmiddel om nie net ander te help en te inspireer nie, maar bied vertellers ook ’n soort genesing.
Gerrit du Plessis bieg die proses om ’n verteller te wees, kan emosioneel uitputtend wees. Dit is egter wanneer mense ná sy vertelling met hom oor hul eie uitdagings praat wat die hele inisiatief die moeite werd maak.
Du Plessis moes in sy leeftyd verskeie gesondheidsprobleme aandurf.
. Om Du Plessis en ander Suid-Afrikaners se inspirerende stories te lees, besoek gerus die Human Library SA.