Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns ’n lied in haar hart

Kreatiwiteit vloei deur die kunstenaar Lidi de Waal se are.

Dié inwoner van St. Helenabaai is geen vreemdeling aan die Weskus nie en het jare terug in Saldanhabaai skoolgehou. Sy het onlangs haar pad terug na die Weskus gevind waar sy nou al die afgelope twee maande woon.

De Waal het nog altyd ’n liefde vir kuns gehad, maar nooit gedink sy gaan ’n kunstenaar word nie. Sy het eers begin kreatief raak toe sy met klei begin werk het. Haar liefde vir kleiwerk het só gegroei dat sy die afgelope 20 jaar kleibeelde op groot skaal maak.

Sy bieg dat kleiwerk partykeer sy uitdagings gehad het. “Om kleiwerk te doen, moet jy baie geduld hê. Dit is ’n lang proses. Jy moet wag dat die beeld droog word en soms ontplof dit in die oond,” vertel sy.

Dis toe dat sy besluit het om haar kreatiewe aandag aan skilder te gee. Sy het haar in die Overstrand in ’n klein dorpie met die naam Onrus bevind, waar sy bevriend geraak het met die kunstenaar Hennie Nieman, wat haar aangemoedig het om haar kunsvlerke te sprei.

Nieman is deesdae een van De Waal se gunsteling-kunstenaars. “Hy is ’n ongelooflike kunstenaar by wie ek baie geleer het, en het my baie gehelp – nie net wat kuns betref nie, maar in my lewe ook.”

De Waal se inspirasie spruit uit alles wat rondom haar aangaan – van haar liefde vir diere, tot haar liefde vir mense. Sy verf graag diere en is dol daaroor om die interessantheid van mense in haar kuns vas te vang.

“Ek neem ook graag foto’s en dink dit is meer interessant om mense af te neem as ’n sonsondergang.”

De Waal het ook ’n voorliefde vir gedigte skryf en het haar eerste boek Kleur van Woorde in 2016 bekend gestel. Haar kunswerk verskyn saam met ’n gedig daarin. Sy het twee ander boeke ook vrygestel – Verf ’n reënboog met jou woorde en Op Die Vergeetvoël se rug.

Haar planne vorentoe is om aan te hou kuns maak en net die lewe ten volle te geniet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.