Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kwalifiseer jy vir FLISP?

Behuising is ’n groot probleem in die Saldanhabaai- munisipale gebied.

Baie laerinkomstehuishoudings kwalifiseer nie vir ’n gesubsidieerde huis nie omdat die gesamentlike huishoudelike inkomste hoër as R3 500 per maand is.

Tog is ’n gesamentlike huishoudelike inkomste van selfs R10 000 nie baie geld nie, en kan hierdie gesinne beswaarlik ’n woning bekostig.

Die FLISP-program (Finance Link Individual Subsidy Programme) bied ’n oplossing aan dié inkomstegroep.

As jou maandelikse inkomste tussen R3 501 en R22 000 per maand is, wil die Saldahnabaai-munisipaliteit (SBM) jou help om ’n huiseienaar te word.

Inwoners met ’n gemiddelde inkomste wat vir die eerste keer ’n huis wil koop, staan meestal voor groot uitdagings en hindernisse om die eiendomsmark te betree. Hierdie uitdagings sluit bekostigbaarheid in, asook kredietwaardigheid en die beskikbaarheid van bekostigbare wonings.

Die FLISP-program wil kwalifiserende aansoekers, wat ’n verbandlening by ’n finansiële instelling kan kry, ’n eenmalige subsidie ??vir hul verband gee.

Die lewering van behuisingsmoontlikhede binne ’n munisipale gebied is die werk van die nasionale en provinsiale regering, maar die SBM tree as ’n agent namens die provinsiale departement op.

Om hierdie funksie te verrig, word voornemende huiseienaars genooi om te registreer deur ’n vorm by die munisipaliteit in te vul. Die inligting sal gebruik word om voornemende huiseienaars wat daarvoor kwalifiseer, vir die projek te identifiseer.

Kry ’n vorm by jou naaste munisipale kantoor. Voltooide vorms kan per e-pos ingedien word by housing@sbm.gov.za of per hand afgegee word.

Verbandaansoeke word op ’n latere tydstip gedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.