Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lamsboud op die ketelbraai en ‘koekstruif’-lagieslaai

Hier aan die sonnige Weskus ruil gesinne maklik ’n swaar tradisionele Kersete vir ’n piekniek in die natuur. Vir my is Kersfees gewis ’n buitelug-affêre. Kinders plas in die water, ek ruik sonbrandmiddel en braaivleis, ons drink vonkelwyn en vrolike stemme gons op ’n soel somerstoep.

My verkose resep vir ons lesers is daarom lamsboud vir die ketelbraai en ’n heerlike vars lagieslaai, wat my aan ’n Kersfees-koekstruif herinner.

Bestanddele vir die lam

1,5 tot 2 kg lamsboud. Vra jou slagter om die vleis oop te sny sodat jy twee dele het wat jy plat op die braairooster kan sit (sien foto).

200 ml karringmelk

2 porsies spesiale speserymengsel (sien onder)

olie

Spesiale speserymengsel

1 eetlepel gemaalde komyn

1 eetlepel paprika

1 teelepel uievlokkies (jy kan ook vars uie gebruik)

2 eetlepels droë roosblare (nie noodsaaklik nie)

1 eetlepel sout

1 eetlepel borrie

2 eetlepels brandrissievlokkies (los uit as jy nie van gekruide kosse hou nie)

3 eetlepels vars pietersielie, fyn gekap (noodsaaklik)

2 eetlepels pynappel asook geroosterde en gemaalde neute van jou keuse. Makadamia- of kasjoeneute werk goed.

½ teelepel peper

Voorbereiding van lam

Meng al die bestanddele van die speserymengsel in ’n bak. Dit kan selfs tot twee weke voor Kersfees gemaak word en hou goed in ’n lugdigte houer.

Marineer die lam oornag of vir minstens vier uur.

Borsel jou ketelbraai se rooster met olie. Braai die lam oor medium kole vir 30 tot 40 minute, afhangende van jou voorkeur. Verwyder en laat die vleis vir 10 minute rus. Sny en sit voor.

Bestanddele vir die slaai

1 kropslaai, in stukkies gebreek

Fyn gerasperde rou uie na smaak

Spek gebraai en in blokkies gesny

Omtrent ses hardgekookte eiers, gesny

Gerasperde wortels

500 g gevriesde ertjies

Mayonnaise na smaak

Gerasperde kaas

Voorbereiding van die slaai

Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in ’n glasbak. Moenie meng nie – ’n mens wil juis die mooi lagies sien wat aan ’n Kersfees-koekstruif herinner.

Skep die mayonnaise oor sodat dit die slaai bedek.

Strooi gerasperde kaas oor.

Slaai moet verkieslik ’n paar uur voor die Kersete gemaak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.