SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Lede van oumotorklub besoek Breederivierdorpe

Die Weskus-oumotorklub is in Julie 2014 gestig en is in Langebaan geleë. Dié aktiewe sosiale klub het sowat 50 lede met nagenoeg 140 ou motors tussen hulle, waarvan verskeie nog gerestoureer word.

Negentien klublede het onlangs ’n mini-toer met 10 voertuie oor vyf dae deur die Breederivierdorpe Touwsrivier, Montagu en Ashton onderneem. Matroosbergstasie het as die groep se basis vir hul avontuur gedien.

“Dié dorp was eens deel van die hoofroete tussen Kaapstad en Johannesburg, maar het in onbruik verval. Gelukkig het mense ingegryp en die vervalle geboue begin herstel en kon ons deel in die ou geskiedenis van ’n eens roemryke spoorweghalte,” vertel Judy Sanan, die klub se sekretaris.

Die groep het elke dag uitgery en besienswaardighede in die onderskeie dorpe beleef.

Sanan sê hulle het almal ’n wonderlike tyd gehad. “Selfs ons ou karre het hulle baie goed gedra. Die pret, vriendskap en samesyn laat ons met wonderlike herinneringe van ’n uitstekende, onvergeetlike toer.”

Sy voeg by die groep beplan vir seker nog toere in die toekoms.

Vir enige navrae oor die klub kan Judy Sanan by 083 404 3942 gekontak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.