Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lekker gesonde slaai

Dit is soms moeilik om lekker, gesonde resepte te kry. Hierdie Meksikaanse Swartbone-salsa-slaai werk goed vir enigeen wat diabetes het of net gesond, maar lekker wil eet.

Maak 6 porsiesBestanddele:250 g droë swartbone1 rooi soetrissie, in blokkies gesny1 geel soetrissie, in blokkies gesnygroot hand vol vars koljander, grofgekap1 blik (340 g) mielies, gedreineer1 rooi-ui, fyngekap100 g klein rosa-tamaties Sous150 ml olyfolie sap van 1 suurlemoen 2 knoffelhuisies, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

Sit die bone in ’n groot kastrol en gooi koue water by.

Die bone moet heeltemal bedek wees. Maak toe met ’n deksel. Bring die water tot kookpunt en kook vir vyf minute.

Laat die bone minstens twee uur in die water staan.

Dreineer en gooi terug in die kastrol. Gooi water oor en bring tot kookpunt.

Kook tot die bone sag is (dit duur sowat 1½ uur). Dreineer en laat afkoel.

Meng al die bestanddele (behalwe die sous s’n) in ’n groot bak. Meng die sous-bestanddele en gooi oor. Roer goed deur en sit voor saam met gebraaide tortillas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.