Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lewe van Laingville se ‘broodbekkie’ só herdenk

Leo Williams (9) is Saterdag in Laingville ter ruste gelê.

Die seun is Maandag 17 Augustus oorlede nadat die mediese span van die Rooikruis-kinderhospitaal niks meer vir hom kon doen nie.

“Kom ons onthou hom soos hy was. Ek sal nooit vergeet hoe hy die brood opgeëet het nie. Nadat hy buite gespeel het, het hy in die huis in gehardloop op soek na brood. Ek het gesê hy moet sommer die hele brood vat, maar dan sê hy ‘nee, ek vat net ses snye’. Twee uur later kom hy dan weer ingehardloop vir nog ses snye,” het Cathy Thomas, Leo se pleegma, onthou.

Benewens familie, vriende en skoolmaats het vele Laingville-gemeenskapslede by die begrafnis opgedaag. Die plaaslike gemeenskapsaal was vol rouklaers om die E.J. Malgarte-leerder te onthou.

Leo het Vrydag 31 Julie ’n skietwond aan sy kop opgedoen tydens ’n diensleweringsbetoging. Hy het in ’n sinkhuis saam met familielede gesit en televisie kyk toe ’n dwaalkoeël hom getref het.

Die boodskap is deur pastoor Leo dos Santos gebring. Volgens Dos Santos is hy, soos vele ander Suid-Afrikaners, deur klein Leo se dood geraak hoewel hy nie self die seun geken het nie. Hy meen die beste huldeblyke wat Laingville aan sy naamgenoot kan bring, is om saam te staan en te glo die dorp se maatskaplike euwels sal gestop word.

Leona Philander, ’n familielid van Leo se ma, Lucille Williams, het die gemeenskap vir hul ondersteuning bedank.

“Ek het nog nooit so baie mense gesien wat saamstaan ná ’n dood – veral die dood van ’n kind – nie. Dit word waardeer en gaan nie ongesiens verby nie,” het sy laat weet.

Philander het spesiaal melding gemaak van Thomas wat nie net vir Leo grootgemaak het nie, maar steeds na sy jonger broer, Luciano, omsien.. Leo se dood word tans deur die Onafhanklike Polisiedirektoraat ondersoek. Die koeël wat Leo getref het, is ook intussen verwyder en sal moontlik ontleed word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.