Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lotto maak opname by crèche

Die Nasionale Loterykom­missie (NLK) en Perfect Face Creations het verlede maand die Pikanini-vroeë­kinderontwikkelingsentrum by Siyabonga Care Village naby Vredenburg vir ’n video-onderhoud besoek.

Pikanini het in 2017 R3,8 miljoen van die NLK ontvang vir die oprig van die pragtige fasiliteit wat sedert die voltooiing daarvan in 2018 ’n enorme positiewe verskil in plaaslike kinders se lewe maak.

Die doel van die video-opname was om aan Pikanini se bestuur ’n geleentheid te gee om NLK te bedank vir die gebou en te vertel hoe die finansiering van die spog-fasiliteit daagliks die kinders vir hul toekoms bemagtig.

Voor die video-opname het die mooimaakspan van Perfect Face Creations vir Chrisna du Plessis, die stigter van Siyabonga en Pikanini, onder hande geneem om haar “kameragereed” te kry.

“Die gebou het die lewe van ons kinders op ’n baie positiewe wyse heeltemal verander.

Baie dankie aan die NLK en die departement van maatskaplike ontwikkeling vir hul ondersteuning van hierdie wonderlike projek,” het Du Plessis in die video-onderhoud gesê.

Die NLK het einde Oktober die video op sy webtuiste en Facebookblad gepubliseer.

Pikanini het in 2008 met net 12 kinders in ’n wendyhuis begin.

Werkers van die Siyabonga Care Village op Kleinplasie het destyds gekla dat hulle nie bedags ’n heenkome vir hul kroos het nie en só is die crèche gebore.

Pikanini se maats het vinnig meer geword, want Du Plessis, stigter van Siyabonga wat verskeie projekte bestuur, sê sy het besef daar is ’n groot tekort aan bekostigbare sentrums vir vroeë kinderontwikkeling van kleuters uit minderbevoor­regte gesinne en ook weerlose kinders wat in moeilike huislike omstandighede leef.

Volgens Du Plessis word 75% van Pikanini se kinders met klasgeld en vervoer gesubsidieer.

Benewens Vredenburg en Louwville se kinders huisves Pikanini ook woelwaters van Laingville in St. Helenabaai.

Voor Pikanini na die nuwe gebou verhuis het, is gebruik gemaak van twee ingerigte wendyhuise en ’n gedeelte van Siyabonga se gebou is ook benut.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.