Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak iets vir jou ma

Word kreatief en verras jou ma hierdie Moedersdag met ’n paar buitengewone en tuisgemaakte geskenke wat enigeen maklik kan maak.

Die pluspunt is dat die “DIY”-geskenke baie maklik is om te maak en goedkoop is omdat die meeste van die materiale wat jy nodig het om die geskenk die skep, sekerlik in jou huis is.
Maak ’n foto-collage:
Jy kan ook foto’s van jouself en jou ma in ’n collage maak deur die foto’s op ’n kartonplakkaat te plak en te versier en onderskrifte van die datums te maak.

Stal die foto’s in kleurvolle rame uit.
Aanhalings in ’n raam:

Sit ’n mooi gedrukte aanhaling van jou ma se gunsteling-gedigte,
-boeke of enige wyse woorde waarvan sy hou in ’n leë raam.

Gebruik sommer enige leë raam en sit die gedrukte aanhaling in die raam.

Wees so kreatief met kleure en lettertipes as wat jy kan.
Boekmerk:
As jou ma baie van lees hou, kan jy ’n mooi en eenvoudige boekmerk van papier of karton maak en dit met kleurpenne, glinsterkorrels of enigiets wat jy wil versier.

As jy wenke of nog idees wil hê om verskillende vorms uit te sny, kan jy op die internet op webblaaie soos Pinterest of aanwysings op YouTube gaan kyk.
Maak ’n spesiale moedersdagete:

Verras jou ma en kook haar gunsteling-maaltyd of bedien haar ontbyt in die bed. Jy kan die internet of enige kookboek vir resepte gebruik of om ander idees te kry.
Maak ’n CD van haar gunsteling-liedjies:
As jou ma ook ’n groot musiekaanhanger is, kan jy al haar gunstelingliedjies op ’n CD sit.

Jy kan ook ’n leë CD-houer vat en haar foto met ’n mooi boodskap binne die CD-houer plaas.

(Bronne: Netwerk24 & Parent24)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.