Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man gooi dagga neer en laat spaander

Hopefield se polisie het reeds sukses behaal deur 56 pakke dagga op te spoor.

Volgens die stasiebevelvoerder, kaptein Gottlieb Adams, is ’n 35-jarige man Woensdag 26 September in hegtenis geneem vir handel in dagga nadat 56 pakke dagga in sy besit in die ou Vredenburgstraat in Hopefield gevind is.

“Die polisielede het patrollie gery en hom gewaar,” verduidelik Adams.

“Hy het die polisielede gesien, die boks met die dagga op die grond gegooi en weggehardloop.”

Adams sê ook die man is later opgespoor en in hegtenis geneem.

Die verdagte het Donderdag 27 September in die Vredenburg-landdroshof op ’n aanklag van handel in dwelms verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.