Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma’s wat babas los, daar’s veiliger opsies

Moet nóóit ’n geboorte probeer wegsteek nie.

Om ’n miskraam (waar ’n herkenbare fetus betrokke is) weg te steek, is ’n strafregtelike oortreding.

Wanneer fetusse in toilette, dreine of asblikke gevind word, ondersoek die polisie ’n saak van verberging van geboorte.

Juis omdat daar moontlik vuilspel betrokke kan wees – soos moord of onwettige aborsie – moet die oorsaak van die baba se dood deur ’n mediese praktisyn bepaal word.

’n Vrou wat by die huis geboorte geskenk het, moet ook altyd daarna mediese sorg kry, hetsy die baba gesond en lewend of doodgebore is. Verskeie komplikasies waarvan die ma nie noodwendig bewus is nie, kan tot haar dood lei. Die baba moet ook dadelik mediese sorg kry.

Hoe gemaak met ongewenste kinders?

Suid-Afrika het geen wetlike voorskrifte vir die wettige verlating van kinders nie.

Ouers wat hul kinders “weggooi” sal vervolg word, maar volgens dr. Lynette Rossouw van die Vredenburg-tak van die departement van maatskaplike ontwikkeling, bestaan daar prosedures vir ouers wat nie kans sien om hul kinders groot te maak nie.

Ouers kan met die departement of hul plaaslike kliniek skakel om die kind in ’n plek van veiligheid te kry.

Dit sluit in:

•’n Maatskaplike werker is altyd 24 uur aan diens. Skakel met die polisie in ’n noodgeval en hulle sal met maatskaplike dienste skakel.

•’n Plaaslike netwerk vir kinderbeskerming bestaan, wat NRO’s, verskeie wetstoepassers en staatsdepartemente insluit. Kinders word dan na plaaslike organisasies soos Siyabonga en Huis van Heerden geneem.

•In gevalle waar ’n kind gesterf het, sal die departement van maatskaplike ontwikkeling ’n ondersoek na die res van die gesin instel. Indien die ouers nog kinders het, sal bepaal word of dié kinders veilig is in die sorg van hul ouers.

Esther Lewis, hoof van kommunikasie by die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het aan Weslander geskryf dat hulle nou saam met ander staatsdepartemente werk om bystand aan ma’s en kinders te gee. Sy sê die departement van maatskaplike ontwikkeling bied gevestigde verwysingsroetes, neem deel aan die Kinderbeskermingsforum en bied verskeie ouerskapprogramme aan.

“Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle inwoners te versoek om gevalle van mishandeling aan te meld.

“Ons moedig ook ouers aan wat oorweldig voel of sukkel om ’n maatskaplike werker te kontak.”

Weggooi . . . of anoniem in veilige hande laat

Die bestuurskomitee van Weskus Helpers beoog al geruime tyd om ’n veilige plek beskikbaar te maak waar ma’s wat nie kans sien om hul babas groot te maak nie, die kinders kan afgee.

Die beplanning van hierdie huis van veiligheid sluit ook ’n bababoks in. Ouers kan hul “ongewenste” baba anoniem in die boks plaas, wat dan ’n klokkie binne die huis sal aktiveer. Dié boks kan nie weer oopgemaak word as dit toegemaak is nie.

Op hierdie manier kan die onnodige dood van pasgebore kindertjies verhoed word.

“Dít is beter as om ’n kind weg te gooi. Daar is soveel Weskus-ouers wat nie die geld het om na hul kinders om te sien nie. Ek dink nie die publiek besef hoe erg die nood onder mense in die gemeenskap is nie,” meen Jenny Moors, stigter en voorsitter van Weskus Helpers.

Sy sê Weskus Helpers is tans besig met onderhandelinge met die Saldanhabaai-munisipaliteit wat aangedui het dat hulle belangstel om te help.

Bel Moors by 071 534 3890 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.