Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meer antwoorde oor vervalle visfabriek

In reaksie op verlede week se berig oor inwoners se ontevredenheid oor ’n vervalle visfabriek in St. Helenabaai, het die departement van openbare werke se nasionale woordvoerder, Thami Mchunu, die volgende skrywe aan Weslander gerig.

“Die departement is wel besig om die terrein rondom die fabriek skoon te maak. Die verwydering van asbes vereis spesiale aandag ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.

“Daar word tans gewag op ’n beleggingsontledingsverslag voordat ’n besluit oor die toekoms van die eiendom geneem kan word. Die departement van openbare werke, in samewerking met die nasionale tesourie, werk tans aan die finalisering en implementering van ’n nuwe plan vir die verhuur van die grond wat in staatsbesit is.

“Ons wil binne die volgende boekjaar gereed wees om ontwikkelingsvoorstelle te ontvang.

“Die departement het die afgelope drie jaar 12 verkose kleinhawens in die Wes-Kaap met ’n beperkte begroting herstel en opgeknap. Ingesluit in hierdie opknappingsprojek is die verwydering van gesonke skeepswrakke. Hierdie deel van die projek is reeds voltooi. Die projek behels ook baggerwerk (dredging) wat tans by die verskillende hawens (St. Helenabaai ingesluit) gedoen word.

“Skeepshellings, asook hyskrane sal herstel word en sekerheid sal opgeknap word. Uiteindelik sal die siviele en elektriese infrastruktuur opgegradeer word.

“Die departement is ook tans in ge­sprek met die betrokke munisipaliteite om ondersteuning te bied met die bestuur van eiendomme langs die kus en die ge­pro­klameerde hawens, maar dit sal steeds die regsgebied van die departement bly.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.