Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meer as 1 kg dagga in blokkade gevind

Die Elandsbaai-polisie het onlangs ’n 43-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van net meer as 1 kg dagga.

Die man is by ’n padblokkade op die Slangkoppad voorgekeer.

’n Wit Opel Chevrolet-bakkie met twee insittendes is by die padblokkade met die toestemming van die bestuurder deurgesoek.

Speur-sers. Phurnando Coetzee het ’n deurskynende houer met dagga daarin aan die bestuurderskant gekry.

Dit het daartoe gelei dat die hele voertuig behoorlik deurgesoek is.

Coetzee en speurkonst. Gert Titus het die voertuig gefynkam en Coetzee het ’n plastieksak met nog dagga gevind. Die dagga was saamgepers en in vakuumpakke in die plastieksak verpak.

Al die dagga saam het 1 038,23 g geweeg.

Die man is vir die besit van dagga in hegtenis geneem. Volgens ’n polisieverklaring is hy “op ’n boete” vrygelaat.

AO Willem Muller, die waarnemende stasiebevelvoerder, het die lede vir hul goeie werk om dwelms van die strate af te hou, bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.