Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Meer as net vis en wit huisies’

“ ’n Kraakvars nuwe Afrikaanse stem op die kassie.”

Só beskryf Elton Lesch Weskus Goeters wat elke tweede Woensdag op CTV en DStv se kanaal 263 te sien is.

Lesch is die aanbieder van dié program en beskryf dit as iets “deurie Weskus, oorie Weskus en virrie Weskus” wat handel oor die Weskus se mense, gewoontes, tradisies, karakters, kos en musiek.

Die program het die lig gesien ná ’n goeie verhouding wat die afgelope drie jaar met Cape Town TV opgebou is.

Cape Town TV is ’n gemeenskaps­kanaal wat reeds ander projekte van Lesch soos sy flieks Soewaar as die tiene bloue Jirre - die storie van Ronald Williams asook sy nuutste fliek Bye, Bye Slippersbaai uitgesaai het.

Die nuutste projek tussen die Weskus-kunssentrum en Cape Town TV is die tweeweeklikse Weskus Goeters.

Die hele program word vervaardig deur ’n span van die Weskus en Lesch as die aanbieder en ook uitvoerende vervaardiger.

“Die doel van die program is om die Weskus ten toon te stel, veral die gewone Weskusser en sy kleurryke karakters. Die Weskus gaan oor veel meer as vis en wit huisies langs die see,” sê Lesch.

“Hier is gewone mense met unieke stories en vaardighede wat die lewe ’n lus maak.”

Woensdag 11 September om 18:30 sal die tweede van die 24 episodes uitgesaai word.

Die groep wat die program vervaardig, doen dit vrywillig as ’n gemeenskaps­projek om die Weskus te bemark, meen Lesch.

• Mense kan Weskus Goeters by 076 859 2167 skakel of die Facebook-blad besoek.

Skakel in vir die tweede episode wat handel oor die liefde vir rugby.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.