Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meer as R5,6 miljoen se perlemoen gekry

Polisiebeamptes het Saterdag­oggend op die R45-pad naby Hopefield op ’n bakkievrag vol perlemoen beslag gelê.

Volgens kapt. Tania Helfrich, plaaslike polisie­woordvoerder, is die waarde van die perlemoen R5 640 900.

Sy sê die silwer Isuzi-bakkie is tydens ’n roetine-padblokkade op dié pad deur beamptes afgetrek waarna sakke vol perlemoen, wat altesaam 940,15 kg weeg, agterin die voertuig ontdek is.

Die insittendes van die bakkie, Peter Ziyambe (47) en Ryad Samuels (44), is in hegtenis geneem en het Maandag 22 Junie vlugtig in die Hopefield-landdroshof verskyn.

“Daar kon sover vasgestel word dat die verdagtes nie inwoners van die Weskus is nie,” sê Helfrich.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.