Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meisies maak toekomsplanne

Die Saldanhabaai-nywerheids-ontwikkelingsone (NOS) is meer as net bouwerk of infrastruktuur en plaaslike jong vroue kan deel van die geleenthede daar wees.

Meisies van hoërskole in die streek het Donderdag 29 Augustus lede van die Saldanhabaai-NOS se span ontmoet en ’n toer van die projek se perseel onderneem.

Volgens Danielle Manuel, waarnemende beampte vir belanghebbende bestuur,Title: Acting Executive: Stakeholder Management is die doel van die bymekaarkoms om meer meisies bewus te maak van die werksgeleenthede in hul streek.

Almal – toekomstige dokters, onderwysers, ingenieurs en oogkundiges – het ’n kans gekry om ’n toer van die NOS se perseel te onderneem en die span te ontmoet.

“Meisies is ons toekoms. Ons kan nie alleenlik op jul akademie fokus nie, maar moet julle help om jul selfvertroue en selfbeeld op te bou. Wanneer jy dié boublokke het, help dit jou om ’n loopbaan te bou waarin jy jou talente, belangstellings en passies kan uitleef,” het Nomnikelo Gaike van die onderwysdepartement verduidelik.

Manuel meen die plaaslike gemeenskap en die NOS-span moet verhoudings versterk vir die suksesvolle voortbestaan van albei.

“Iets wonderliks kan nie deur een mens alleen geskep word nie en dit is die siening wat ons by die Saldanha-NOS ook het,” het sy gesê.

Dus het die leerders elkeen ’n kans gekry om met NOS-spanlede soos die ingenieur Carol Molemane, die geldman Erich Laubster en die ontwikkelings­genoot Abigail Murray te gesels.

Hier is staaltjies en stories gedeel oor vakke kies, naskoolse studie en dat kinderdrome van dokters word soms na ingenieurswese verander. Leerders het ook kans gekry om eerstehands te sien hoe die Saldanha-NOS se perseel binne die Transnet-hawe vorder.

Bouwerk aan dié perseel asook die perseel in die Saldanha-nywerheidsgebied, buite die hawe, is op dreef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.