Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Messe in skole gekry

’n Voorval waarin leerders mekaar met skêre gesteek het, het die polisie genoop om skole te deursoek.

Dié skêrstekery het Maandag (4 Maart) by ’n Vredenburg-skool plaasgevind.

’n Seun het vermoedelik aanstoot geneem nadat ’n ander leerder glo hul medeleerders ná pouse aangesê het om hul klas ordelik binne te gaan.

Die leerder het hom glo vererg, sy skêr uit sy skoolsak gepluk en gemik, waarna die ander leerder sy eie skêr uitgehaal het. Die twee het toe glo mekaar fisies aangeval.

Kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, maan leerders en jongmense dat hulle ongeag hul ouderdom steeds strafregtelik vervolg sal word. In Maandag se voorval het altwee leerders besluit om egter die klagtes teen mekaar te laat vaar.

“Aanvalle op die skoolterrein is aan die toeneem en word as baie ernstig beskou. Sodra jy weens ’n misdryf in hegtenis geneem en jou vingerafdrukke geneem word, het jy ’n misdaadrekord, ongeag of die hof die saak teen jou terugtrek,” verduidelik Helfrich. Mense met misdaadrekords kan werksgeleenthede, studiekursusse en beurse geweier word, al was dit ’n minder ernstige aanklag.

Helfrich meen rusies kan vinnig tot fisieke geweld onder tieners lei. Indien leerders baklei en ’n voorwerp as wapen gebruik, kan dit tot ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer lei, wat as ’n ernstige misdaad geklassifiseer word.

“Moenie iemand anders se besittings steel of in ’n winkel iets vat sonder om daarvoor te betaal nie. Om iemand anders se eiendom te beskadig, is ook ’n misdryf.”

’n Kaapse skool is verlede week deur die polisie saam met die provinsiale minister van onderwys, Debbie Schäfer, en die minister van gemeenskapsveiligheid, Alan Winde, deursoek. “Die onderwysdepartement saam met die polisiediens doen die soektog en beslaglegging as ’n veiligheidsmaatreël. Dit is ’n manier om leerders daarvan te weerhou om wapens en narkotika na die skoolterrein te bring,” het die ministers in ’n verklaring gesê.

Skole kan slegs ondersoek word indien die skoolbestuur toestemming aan die polisie verleen.

Na aanleiding van Maandag se voorval is nog ’n skool in Vredenburg se leerders deursoek. Die polisie het op verskeie wapens, veral messe beslag gelê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.