Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Moenie gerus wees’

WESKUS – Weskussers pas aan by die nuwe werklikheid van Covid-19, maar die gesond­heids­departement maan inwoners om nie oorgerus te raak nie.

Die Weskus is ’n Covid-19-brandpunt en tussen die sewe distrikshospitale het 61 mense weens dié virus gesterf.

In die streek is daar 10 kwarantyn- en selfafsonderings-geriewe vir enige inwoner wat nie by hul eie woning kan afsonder nie.

“Indien jou omstandighede dit moeilik maak om vir 14 dae alleen te wees of indien jy onderliggende kroniese siektes het, moet jy van ’n kwarantyn- en selfafsonderings­gerief gebruik maak,” sê ’n woordvoerder van die departement.

Daar is wel gevalle waar verskeie gesinslede positief getoets is en dan saam in afsondering bly.

Rowan Boks (25), sy vriendin en hul sewejarige dogtertjie is al drie positief getoets en omdat Boks ook saam met sy ma en broer in Louwville woon, moes daar gekyk word hoe selfafsondering kon werk.

“Gesondheidswerkers het na die woonplek kom kyk en omdat ons drie ons eie badkamer en ’n kamer kon deel, kon ons steeds in die huis bly, maar ons moes kontak met die res van die familie vermy,” verduidelik hy.

Volgens Boks was sy simptome matig teenoor ander gevalle.

Hy sê hy wou niemand anders aan die virus blootstel nie en het tuisgebly: “Ek wens dit vir niemand toe nie. Ons drie was van die gelukkiges. Ek was kort van asem en my lyf was baie seer. Dit was net die Here se genade wat my en my gesin deurgedra het.”

In gevalle waar pasiënte egter nie tuis kan afsonder nie is die departementele geriewe beskikbaar.

Pasiënte wat tydelik hier tuisgaan, ontvang maaltye en wasgoeddienste. Vervoer word ook gereël indien nodig.

Benewens die geriewe is gesondheidswerkers steeds besig met uitreikings in die gemeenskap om bewusmaking te skep.

Teen verlede week is 117 969 Weskussers vir Covid-19 gesif met 910 wat aangeraai is om vir ’n Covid-19-toets te gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.