SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Moenie toelaat dat ’n man jou slaan nie

Geagte Bergrivier-inwoners,

Ons gemeenskappe in Bergrivier gaan gebuk onder vrouegeweld, maar wat my verder bekommer, is die drank wat volop is. Ons is in die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders en vra die gemeenskap om op te staan.

Moenie toelaat dat u man u of u kinders slaan nie. Staan op en laat u stem gehoor word. Ons gemeenskappe moet saamstaan teen die euwels en die dwelmhandelaars. Genoeg is genoeg dat ’n klein groep ons gemeenskappe gevange hou.

Vandag wil ek erkenning kom gee aan elke vrou in Bergrivier vir u bydrae tot die bou van ons gemeenskappe. My beroep op vroue is om nie terug te staan vir die manlike geslag nie, want ons almal is vir God belangrik. Vroue is die steunpilaar van ons gemeenskap, huishoudings en gesinne. In die afwesigheid van mans op baie gebiede is dit die vroue wat die voortou neem en die leisels vashou. Vroue, dankie vir jul onbaatsugtige diens in jul omgewing. Kinders, wees lief vir jul mammies en luister na haar.

Ons is amper aan die einde van die jaar en kan terugkyk na waar ons gefaal het, maar ook waar ons geseëvier het. U kan dalk voel dat mense u seergemaak het deur woorde of dade en u kan ook dink “mag ek dit gedoen het?” Vergeet wat in die jaar gebeur het en bou op volgende jaar, maar ons moet dit saam met God doen.

Vergeet van mense wat agteraf is of u gedurig kritiseer. Glo in God en vertrou op God en Hy sal jou vorentoe seën. Wees lief vir almal om u en wys aan diegene wat soos vyande voel dat u lief is vir hulle.

Die burgemeestersgholfdag wat Vrydag 1 November by die Velddrif-gholfbaan plaasgevind het, was ’n reusesukses. Hiermee my opregte dank aan elke skenker vir hul bydraes tot die dag, want sonder jul bydrae sou ons nie ’n suksesvolle dag kon hou nie. Elke mens wat op die baan was – dankie vir jul deelname en ek weet julle het dit geniet – veral die natgatte. Velddrif-gholfklub, baie dankie vir die pragtige baan en reëlings vir die dag. Dit is voorafgegaan deur ’n stap die Donderdag 31 Oktober van Piketberg tot in Velddrif deur die burgemeesterskomitee en raadslede. Die doel van die gholfdag was om geld vir die burgemeester se hulpfonds wat in die gemeenskap teruggeploeg word, in te samel. Die stap was uitputtend, maar die raadslede en drie lede van die publiek het elke oomblik geniet. Ons het die son trotseer met slange wat by sekere plekke langs die pad hul gesig kom wys en ook die warm teerpad geniet het. Ons wil hiermee elke onderneming en individu hartlik bedank vir hul borgskappe aan die deelnemers.

Alle wyksraadslede is besig met hul beplanning vir Kersetes in Desember vir die ouer mense in hul onderskeie wyke. Ek wil ’n beroep op ons ouer mense doen om vir die etes by u wyksraadslid in te skakel. Die wyksraadslede gaan ook geskenkies aan ’n aantal kinders in hul wyke, wie se ouers nie so bevoorreg is nie, uitdeel.

Enigiemand of instansie wat die wykraadslede wil ondersteun, kan met my kantoor in aanraking kom. Elke skenking word waardeer, want ons kan dan meer kinders se harte verbly.

Ek doen ook ’n beroep op inwoners om my kantoor gereeld te kontak as u voel ons neem te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615, 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za of burgemeester@bergmun.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.