Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mynhardt Joubert se lekker frikkadelle en vetkoek

Bestanddele:• 1 kg frikkadelle – maklikste is om worsvleis te gebruik, dis klaar gegeur en ek is seker daar is van jou gunstelingwors in die vrieskas.• 2 eetlepels botter, olie of olyfolie – braai vinnig die frikkadelle tot goudbruin en gebruik sommer dieselfde pan vir die sous – dit smaak heerlik en daar is minder skottelgoed. • 1 ui gekap• 4 knoffelhuisies gekap of een teelepel knoffelpoeier• 2 eetlepels vars gemmer gekap of een teelepel gemmerpoeier• ½ teelepel borrie• 1 teelepel fyn komyn• 2 eetlepels van jou gunstelingkerrie• 1 blik tamaties of twee groot vars tamaties gekap• 1 blik klappermelk • 2 teelepels bruin suiker – sagte bruin suiker as jy het• ½ teelepel sout• ’n knypie of twee rooipeper na smaak• 1 lourierblaar

Metode:

Braai in dieselfde pan as die frikkadelle die uie tot goudbruin en voeg by die knoffel en gemmer, roer goed deur en volg dan met die borrie, komyn en kerriepoeier. Braai lekker deur en volg dan met tamaties, klapper­melk, bruinsuiker, sout en rooipeper.

Kook tot lekker dik vir ongeveer tien minute, sit die frikkadelle in die sous en maak warm. Sit voor met Mrs. Balls-blatjang en jou beste bottel rooiwyn!Jan Ballet se vetkoekeBestanddele:• 500g witbroodmeel, 5 ml suiker • 40 ml botter • Olie vir diepbraai • 5 ml sout • 10g kits-droëgis • ± 625 ml louwarm waterMetode:

Meng meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter met vingerpunte tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg louwarm water geleidelik by om ’n sagte deeg te vorm – indien nodig kan nog ’n bietjie water bygevoeg word.

Knie tot glad en elasties. Bedek en laat staan vir 10 minute. Vorm vetkoeke, plaas op ’n gesmeerde plaat, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Diepbraai in olie tot goudbruin en gaar. Lewer 18 vetkoeke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.