Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Moeder van baie

’n Moeder van baie – dít is hoe Sophia Smith haarself beskou.

Smith bly al die afgelope 45 jaar in Vredenburg en is as “Antie Sofie” baie bekend in die dorp.

Sy is al 20 jaar betrokke by skole en is tans die koshuismoeder by Weston-koshuis, waar sy daagliks met die kinders werk.

Elvin Vraagom, die hoof van Hoërskool Weston, sê die skool is baie bevoorreg om iemand soos Smith te hê wat altyd die ekstra myl stap as dit by die welstand van die skoolgemeenskap kom.

“Die geskiedenis sal haar nalatenskap uitbasuin.”

Die lewe was egter nie altyd maklik vir Smith nie – ’n gewas agter die neus wat tot in sy brein gegroei het, is 20 jaar gelede by haar seun gediagnoseer.

“Ek het in daardie moeilike tyd besef waarom ek op die aarde geplaas is, en dit is om mense te help,” vertel Smith.

Van daar af was dit haar passie om jong mense wat deur moeilike tye gaan, te help en by te staan, en het dit net sterker geword.

“Ek het een Vrydag ’n groot fout gemaak toe ’n meisie kom vra het om met my te praat. Ek het haar gevra of ons nie die Maandag kan praat nie. Sy is daardie Saterdag dood. Van daardie ondervinding af maak ek meer tyd vir mense.”

Smith verduidelik dit is haar doel om ’n boodskap van hoop aan alle jong mense oor te dra en hulle aan te moedig om met iemand oor hul probleme en omstandighede te praat.

“Ek ondervind elke dag so baie seer deur wat hulle deurmaak en wil hulle laat weet hulle is nie alleen nie; daar is iemand wat wil help.”

Smith moedig ook ouers aan om met nuwe oë na hul kinders te kyk en na hulle te luister. “Soms maak ons asof ons nie 15 jaar oud was nie. Kom ons help hulle oor die brug.”

Wat Smith blydskap gee, is al die kinders wat tot dusver oor haar pad gekom het. “Kom ons raak saaiers van goeie saad, van omgee en liefde. Een goeie woord kan ’n lewe verander en jong mense, onthou – daar is hoop.”

Smith nooi mense wat net iemand nodig het om mee te praat om haar by 082 665 1160 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.