Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Nersa se planne oor krag is twak’

Alle Suid-Afrikaners sal enige krag wat hulle self opwek – selfs hul sonpanele of kragopwekkers – moet registreer indien ’n nuwe regulasie deurgevoer word.

Die beoogde regulasie word deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa)
geadverteer. Die open­bare deelname duur tot 31 Mei.

Elke eienaar of koper van ’n meganisme wat minder as 1 MW krag opwek, sal by hul munisipaliteit of Eskom daarvoor moet aansoek doen en dit dan by Nersa moet registreer.

Ted Blom van die organisasie Mining and Energy Advisors sê dit is drakonies. “Dié regulasie sal alle kleinskaalse kragopwek­king geld, ongeag of dit vir private of openbare gebruik is en of dit aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel is of nie,” sê Blom.

Hy vergelyk dit met die mislukte Gautengse e-tolregulasies, maar in die geval van die kragopwekkers raak dit alle Suid-Afrikaners.

“Die beoogde regulasies is swak saamgestel en onuit­voerbaar.

“Indien dit deurgevoer word, sal dit tot grootskaalse ongehoorsaamheid lei.”

Dit word byvoorbeeld nie duidelik gestel of selfs ’n kragopwekker wat ’n mens vir jou selfoon gebruik ook geregistreer sal moet word nie, sê Blom.

Nersa sê die doel met die regulasies oor kleinskaalse kragopwekking is om ’n register te kan saamstel sodat die doeltreffende beheer, monitering en die afdwingbaarheid van ekonomiese regulasies vir die voorsiening van elektrisiteit ingestel kan word.

Blom sê die vraag is wat Nersa met die inligting wil doen van mense wat nie by die netwerk ingeskakel is nie en hul eie krag opwek.

“Die enigste rede waarom registrasie sal moet plaasvind, sal wees om dit te belas.”

Mense wat reeds hul openbare kommentaar begin instuur het, is woedend oor die beoogde regulasies.

Op die webwerf eeco.co.za/projects/generator/, waar mense kommentaar kan lewer, waarna dit na Nersa gestuur word, meen deelnemers die kragverskaf­fer wil mense belas.

Van die kommentare:

  • Marnu: “Dit is b***sh*t. Hulle wil ons net tot die dood toe belas,” skryf Marnu. Ene
  • Lorna meen: “Regulering ruk handuit. Hanteer eerder dringender kwessies.”
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.