Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
New Attraction wil graag hul musiektalente met ander deel

New Attraction-musiekgroep is gereed om bekendheid te verwerf.

Die vyf lede van dié musiekgroep van Saldanha is tussen 16 en 25 jaar oud.

Dit was in die jaar 2018 toe Shawn Douglas, voormalige tromspeler Marlon Damon, voormalige klawerbordspeler Bayden Isaacs en Caydin Manuel ontdek het dat hul musiektalente goed gaan saamwerk. Dit is hoe New Attraction begin is.

Tans bespeel Angelo George die tromme, Joel Janneker speel die klawerbord, Shaun Douglas speel hoofkitaar, Caydin Manuel speel baskitaar en Hillary Wevers is die hoofsanger.

Shawn, leier van die groep, vertel New Attraction fokus op verskeie musiekgenres – van jazz tot R&B en pop, maar jazz en R&B is hul gunsteling.

Dié groep het ook die geleentheid gehad om deel van Kunstekaap se virtuele konsert te wees. Verder het hulle ook aan plaaslike kompetisies deelgeneem waar hulle ’n tweede plek behaal het.

“Wat ons uniek maak, is die klanke wat ons na vore bring – ons is modern en kan enige musiekstyl aanpak,” vertel Shawn.

Een van die grootste uitdagings wat hulle in die gesig staar, is die feit dat daar minder optreegeleent­hede is weens die Covid-19-pandemie.

Hillary voeg by dat die groep ook maar net normale jongmense is wat uit ’n normale gemeenskap kom en probeer om iets met hul lewe te doen. Sy moedig verder jongmense aan om doelgerig en vasberade te wees om hul doelwitte te bereik.

Shawn meen die groep is gereed om hul musiekloopbane verder te neem en wil graag hul musiek met ander deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.