Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nóg pret na die feestyd

Die vakansie is dalk verby, maar die warm weer is nog hier om te bly. Indien jy nog nie Weslander se 50 Weskus-dinge dinge om te doen aangepak het nie, is hier ’n paar van die hoogtepunte om oor die naweke te besoek.

. Darling Brew in die pragtige dorpie met dieselfde naam bied bierproesessies, ’n restaurant en speelplek vir die kinders.

. Ry die Klein Tafelberg-4x4-roete tussen Aurora en Redelinghuys. Hierdie roete is deur Driveout Magazine se lesers as die beste 4x4-roete in Suid-Afrika aangewys.

. Geniet ’n opvoedkundige avontuur by !Khwa ttu naby Yzerfontein langs die R27. Begeleide toere op fietse of te voet leer besoekers meer oor die Khoi-San-kultuur.

. Yzerfontein se 16 myl-strand is die geskikte stapplek vir diegene wat meer aktiewe vakansieaktiwiteite geniet. Moenie uitmis op die langste, ononderbroke strand aan die Suid-Afrikaanse kuslyn nie. En wanneer jy moeg en honger van jou staptog terugkeer, besoek gerus Yzerfontein se restaurante om die energievlakke te herlaai.

. Wynkenners moet nie ’n besoek aan die Winkelshoek-wynkelder, Org de Rac- en Nieuwedrift-landgoed, in die Piketberg-omgewing, misloop nie. Oes self uit die see se spens48. Besoekers kan nie sê hulle het die Weskus beleef as hulle nie vars seekos en vis uit die see se spens geëet het nie. Besoek gerus die Blue Sapphire Pearl Company vir ’n oester-ervaring.

.Haal jou eie mossels van die rotse af en maak ’n mosselpot. Vang of duik jou eie kreef uit. Hou tog asseblief net by die “kreef-cops” se reëls. ’n Permit, verkrygbaar by ’n poskantoor, is ’n moet!

.Probeer bokkoms en viskuite, ongelukkig gaan jy hom nie maklik hierdie tyd van die jaar kry nie. Viskuite is gewoonlik vanaf Maart beskikbaar, maar hierdie lekkerny is gewis ’n egte Weskus-ervaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.