Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
NSRI ‘red’ jag met water in brandstof

Vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Mykonos het Saterdag (23 November) hulp verleen aan ’n seiljag wat brandstofprobleme gehad het.

’n Versoek om hulp is 22:57 van ’n seiljag ontvang wat van Elandsbaai af op pad na die Saldanha-hawe was. Die NSRI-bemanning aan diens is deur die nasionale haweowerheid van Transnet (TNPA) geaktiveer.

Die seiljag se bemanning het blykbaar ontdek hul brandstof is met water besoedel, wat meganiese probleme in die seiljag se motor veroorsaak het.

Die operasie is 04:00 Sondag­oggend afgehandel nadat die Spirit of Surfski 5, ’n seereddingsvoertuig, uitgeneem is.

Die seiljag is om en by vyf seemyl van Paternoster se strand af opgespoor en die bemanning van ses was veilig.

’n Sleeptou is sonder enige probleme aan die seiljag gekoppel en die jag is tot in Saldanhabaai gesleep, waar die bemanning vasgemeer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.