Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe begin vir paartjie ná sprokiesagtige troue

Inwoners van Malmesbury het die afgelope naweek gewys wat naasteliefde is toe hulle twee haweloses hul droomtroue gegee het.

“Ek het in my wildste drome nie gedink ek gaan in hierdie stadium van my lewe my sielsgenoot ontmoet en die res van my lewe saam met haar wil deurbring nie,” het Josef Bester (48) gesê.

Hy is oorspronklik van Langebaan, maar woon die afgelope 14 jaar in die strate in Malmesbury.

Hy en Maria Smith (48) het mekaar in Maart vanjaar ontmoet toe sy van haar werk af op pad huis toe was. Sy het by ’n dagsorg­sentrum in die dorp gewerk.

“Ek het haar al vantevore in die dorp gesien, maar daardie dag het ek al my moed bymekaar geskraap om met haar te praat,” het Josef gesê.

Maria het kort ná haar ontmoeting met Josef uit haar tannie se huis in Wesbank getrek en by Josef aangesluit.

“Aan die begin was dit vir my ’n groot aanpassing, maar ek is baie lief vir Josef en dit maak nie saak waar ek bly nie. Ek het hom in Julie die ja-woord gevra en tot my verbasing het hy ja gesê,” het Maria vertel.

Nuus van die liefdesverhaal het vinnig versprei en Jennifer (Jenny) Blom (34), eienaar van One Try, ’n restaurant in die dorp, en organiseerder van die weeklikse sopkombuis vir haweloses, het ook daarvan gehoor.

“Een van my vriende, Piet Arries, het my van Josef en Maria vertel. Hy en Nico Rabie het geld ingesamel om dié twee se groot dag onvergeetlik te maak,” het Jenny gesê.

En so het die sprokiesverhaal ’n werklikheid geword: Maria het die rok van haar drome aangehad, ’n onthaal is gehou en die paartjie is vir hul wittebrood na Saldanha.

“Ons gaan nou in Saldanha woon,” het hulle opgewonde vertel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.