Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe hoof, ‘dis my roeping’

Die Hoërskool Vredenburg (VHS) se nuwe hoof leer die name van die honderde leerders en sê hy is opgewonde om by die Hoërskool Vredenburg-familie aan te sluit.

Bartho Brittz (51) het vandeesmaand die helm as skoolhoof by Derek von Zeuner oorgeneem.

“Ek is hier om ’n verskil in die lewe van leerders te maak. As ’n gelowige mens glo ek die Here het my geskenke gegee om die roeping te beantwoord,” meen Brittz.

Voor sy skuif na VHS was Brittz ses jaar by Curro Langebaan. By Curro was hy hoof van die hoërskool en sê jare by dié skool het vele lesse opgelewer.

“Die dinamika by skole het verander. Kinders is so gewoond daaraan om na ’n skerm te kyk dat dit al moeiliker vir onderwysers word om die leerders se aandag te behou en les te gee.

“Dit is hoekom dit belangrik is om ’n gelukkige atmosfeer vir die leerders en personeel te skep. Hierdie is uitdagende tye om met tieners te werk, wat beteken ons moet kreatief dink,” sê hy.

Brittz is langer as twee dekades in die onderwys. Hy het vroeg reeds besluit hy wil in die Weskus kom skoolhou nadat hy as jongmens reeds besluit het hy wil eendag hier kom woon.

“My familie het vakansies in Yzerfontein deurgebring. Ek het die Weskus leer ken en besluit ek wil hier woon en werk.”

Deesdae is hy ’n Langebaner en sê om langs die see te gaan stap, help met al die uitdagings wat die rol as skoolhoof bring. Hy ontspan deur ’n goeie boek te lees en in die natuur te wees.

Daar is egter nie baie rus nie, want benewens sy take as skoolhoof bied Brittz ook wiskunde aan. Hy het ook Von Zeuner se rol as rugbyafrigter geërf.

Brittz sê sy boodskap aan ouers is om aktief deel van hul kinders se opvoeding te wees. “Opvoeding is soos ’n driepootstaander – dit verg insae van die skool, die ouers en die kind om suksesvolle onderrig te hê. Ons probeer hierdie leerders voorberei vir hul toekoms, maar dit kan net gebeur indien almal saamwerk.”

Intussen maak Brittz werk daarvan om elke leerder se naam te vra wat verby hom in die gang stap om sodoende die lede van de VHS-familielede te leer ken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.