Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe Jy-verslankers op pad na gesondheid

Lithesia Mentoor

Hoe ondersteun jou gesin jou om by die nuwe eetwyse te hou?

Lithesia: My gesin is baie lief vir gemorskos soos sjokolade en tjips, maar vandat ek gesonder eet vermy hulle om dit te koop, of eet dit nie voor my nie. Dis wonderlik hoe hulle, en veral my man, my aanmoedig om uit te hou.

Wie of wat motiveer jou?

Lithesia: Joniela, die jong vrou van Velddrif wat meer as 70 kg verloor het en onlangs in Huisgenoot was, is vir my ’n groot aansporing. Dis ongelooflik wat sy vermag het en dat sy soveel uithouvermoë het.

Noem ’n paar klein oorwinnings wat jy tot dusver op jou pad na beter gesondheid bereik het, wat nie die skaal insluit nie:

Lithesia: Ek het hope energie en raak regtig nie meer lus vir koek, lekkers of gemorskos nie. My klere pas ook reeds baie beter as voorheen.

Yolandi Tolken

Ons het ’n voëltjie hoor fluit jy het ’n hele klub aanhangers wat agter jou staan. Vertel ons bietjie meer?

Yolandi: Ja-nee kyk, ek’t so baie ondersteuners dat ek hulle nie elk op die naam kan noem nie. Hulle dra vir my water aan en berei spesiale etes voor. Ek is regtig bevoorreg en dankbaar.

Wat het jou tot die besluit laat kom om jou leefstyl te verander?

Yolandi: ’n Leopard print bikini het die truuk gedoen. Ha-ha! Op ’n ernstiger noot – ek het een oggend wakker geword en besef ek moet verander. Ek’t die advertensie in die Weslander gesien en viola, hier is ek nou!

Voel jy al gesonder?

Yolandi: Ja, vir seker. Ek het meer energie as die Duracell-hasie. My broeke val van my lyf af. As ek só aanhou is ek dalk volgende jaar die sexyste vrou van die eeu.

Willeen Theart

Wat of wie is die dryfveer agter jou uithouvermoë?

Willeen: My dogter praat moed in en my man herinner my gou aan my eetplan as hy sien ek sit iets in my mond.

Weslander: Wat motiveer jou? Die nuwe klere in my kas wat ek te klein gekoop het, is my grootste motivering.

Weslander: Hoe vermy jy knibbel tussen etes?

Willeen: Ek hekel weer. Dit hou die ledigheid weg.

Hayley Hofmeester

Weslander: Wie ondersteun jou op jou reis na gesondheid?

Hayley: My man en my kinders ondersteun my. My oulike man is die een wat die meeste van my maaltye voorberei. By die werk is my kollegas baie bedagsaam teenoor my nuwe uitkyk en eetgewoontes. Ek het ook ’n vriendin saam met wie ek elke oggend gaan stap.

Hoe ervaar jy die aanbevole kos en eetplan?

Hayley: Dis lekker kos. As my dag verby is, voel ek sommer baie gemotiveerd vir die volgende dag se uitdaging en my spyskaartbeplanning.

Noem ’n paar positiewe veranderinge sedert jy met die eetwyse begin het

Hayley: Ek slaap baie beter en voel gesonder. Elke dag voel soos ’n oorwinning. Saans as ek gaan lê, klop ek myself op die skouer. Ek het nog ’n dag gemaak. Ek kan verby winkelrakke met lekkernye stap en kan die versoeking weerstaan.

Senobia Jassen

Who supports you on your new healthy journey?

Senobia: I am very lucky to have a large support system. My daughters at home, my colleagues, my boss, friends and family are all very supportive.

Weslander: What motivates you?

Senobia: I am proud to say I motivate myself and by doing so, I am motivating others to follow my example.

Weslander: Name a few non-scale victories you have achieved since starting your new eating plan:

Senobia: Physically I feel fantastic, my clothes fit better and people are starting to notice I look and act different.

Jean-Mari Kleingeld

Weslander: Wat is jou raad vir sukses aan ander wat ’n nuwe gesonde eetplan begin?

Jean-Mari: Almal in die huis moet dieselfde eet. So kom ’n mens minder in die versoeking en hou julle mekaar verantwoordbaar.

Hoe oorkom jy dae wanneer jou motivering laag loop?

Jean-Mari: Ek kry weer inspirasie as ek na mense wat baie gewig verloor het, se foto’s kyk en hul stories lees. Dis nie ’n maklike of vinnige pad nie en dit help regtig om te weet daar bestaan wel mense wat langtermynsukses behaal het en die gewig afhou. Ek probeer myself daaraan herinner – al neem dit my twee jaar, dis heeltemal bereikbaar.

Noem ’n paar positiewe veranderinge sedert jy met die eetwyse begin het

Jean-Mari: Ek is baie meer bewus van wat ek in my mond sit. Ek is onlangs deur ’n baie stresvolle tyd en gewoonlik sou ek in soortgelyke situasies na kos gryp. Ek is baie trots op myself, want ek kon my eetgewoontes ten spyte van die stres goed beheer.

Everyn Wales

Wie ondersteun jou op jou reis na gesondheid?

Everyn: Ek is geseën met die wonderlikste kollegas en gesin. Gelukkig is gesonde vars groente, vrugte, olie en speserye deel van die inkopielys, so dit was nie ’n groot aanpassing in die huishouding nie. My ma is my steunpilaar. Sy gee my nie kans om af te dwaal nie. Sy berei die lekkerste gesonde disse voor. My pragtige peetdogtertjie se ma herinner my elke liewe dag aan die gewig wat afgeskud moet word. Ha-Ha!

Sy sê ook ek moenie so maer raak dat die wind my Februarie wegwaai nie.

Wie of wat motiveer jou?

Everyn: Die gedagte aan ’n nuwe klerekas. Winkels met groter nommers se klere is baie duur. Ek sien daarna uit om aansienlik minder vir jonger, meer moderne style te betaal.

Noem ’n paar positiewe veranderinge sedert jy met die eetwyse begin het

Everyn: Werkshempies van agt jaar terug pas my weer. Ek het vir my jeans gekoop wat ’n bietjie te klein is met die idee dat ek later daarin sal pas. Wat ’n Wow!-oomblik toe ek dit aantrek en dit my perfek pas.

Die Nuwe Jy-verslankers het ses weke gelede met hul nuwe eetplan begin en het vandeesweek hul eerste opvolgbesoek met Weidemann gehad. Die kompetisie loop deur die uitdagende feestyd waar lekkernye aan die orde van die dag is. Die wenner word in Februarie aangewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.