Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nywerheidsone word klaskamer vir ’n dag

Bouwerk aan die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone (NOS) is op dreef met die eerste beleggers wat glo binnekort met hul projekte sal begin.

Lede van die plaaslike NOS het verlede Donderdag (29 Augustus) ’n opedag vir hoërskoolmeisies gehou.

  • Tydens die besoek het Khulisa Tshivule, projekingenieur van die NOS, verduidelik dat ondergrondse infrastruktuur vir die ontwikkeling se suidelike perseel, reeds voltooi is.

“Hierdie deel van die ontwikkeling is sowat 35 hektaar, wat min of meer so groot soos 35 rugbyvelde is. Dienste soos paaie, rioolpype, ’n elektrisiteits-netwerk en pompstasie is reeds in plek,” het Tshivule gesê.

Danksy die Saldanhabaai-NOS se ontwikkeling binne die hawe, sal beleggers wat van skepe gebruik maak, toegang hê tot noodsaaklike dienste.

Benewens die in- en uitvoer wat kan geskied, bied die hawe ook ’n plek waar skepe en boortorings herstel kan word. “Beleggers kan dus gebruik maak van die dienste wat reeds deur die Saldanhabaai-NOS ingestel is. Werk aan die projek het reeds in 2016 begin,” het hy verduidelik.

Die tweede deel van die Saldanhabaai-NOS is in die dorp se nywerheidsgebied. Beleggers sal met ’n brug van die suidelike perseel tot by die noordelike perseel, in die nywerheidsone, kan beweeg. Dit word as ’n nuttige roete beskou, aangesien die NOS ’n doeanebeheerde gebied is.

“Dié sone funksioneer soos ’n lughawe wat sy eie reëls het oor wie en wat die gebied kan binnekom. Die twee sones wat met die brug verbind is, beteken dat beleggers se goedere net een keer deur doeane gekeur hoef te word,” het Tshivule gesê.

Op die noordelike perseel is konstruksiewerk onderweg aan ’n hooftoegangsgebou van die NOS. Bouwerk sal na verwagting in Maart voltooi wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.