Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
O, grote patat! ná mis en geluk

Beesmis van die plaas af en ’n bietjie geluk het ’n Langebaner yslike patats besorg.

Doret Welgemoed kweek die afgelope paar jaar groente in haar tuintjie waar sy “sommer net plante in die grond druk”.

Sy het onlangs twee groot patats uitgespit en bieg die groot groente was eintlik omdat sy van hulle vergeet het.

“Ons vermoed die patats groei reeds vir twee jaar. Hulle is onder ’n aalwyn met redelik lae blare. Die patats was onder dié plant weggesteek en ek het daarop afgekom toe ek onlangs daar gespit het,” vertel Doret.

Sy sê haar tuin lewer gereeld tamaties en botterskorsies. Doret sê haar wenresep vir haar groenvingers is eintlik ’n grap onder dié wat haar ken.

“Om eerlik te wees – ek weet nie altyd wat ek doen nie. Dié patats het gegroei nadat hulle reeds in die laai uitgeloop het. Mense spot al dat ek eintlik moet gaan boer,” sê Doret.

Sy sê sy werk gereeld beesmis “van die plaas af” in haar tuin in en voeg gereeld kunsmis by, wat gewis help.

Sy sê gewoonlik bak sy haar groente in die oond met ’n bietjie kokosneut-olie, maar het nog nie ’n plan vir haar massiewe patats nie. “ ’n Patat-pastei is dalk nie ’n slegte idee nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.