Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ondersoek na video van mishandelde rob sloer steeds

Die ondersoek na die mishandeling van ’n robwelpie wat op video opgeneem is, is ná vyf maande nog nie afgehandel nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale direkteur van openbare vervolging, het gister bevestig die saak is tot 28 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Dit is nie bekend watter ondersoekwerk nog uitstaande is nie.

Die saak is uitgestel nadat Marius Tredoux (19) en Rynhard van den Heever (22) in die landdroshof in Laaiplek aan die Weskus verskyn het. Hulle word aangekla ingevolge die Wet op Omgewingsbestuur. ’n Persoon wat ingevolge dié wet skuldig bevind word, kan ’n maksimum vonnis van vyf jaar tronkstraf of ’n maksimum boete van R5 miljoen, of albei, opgelê word. Die saak is sowat twee weke gelede tot 29 Oktober uitgestel sodat die beskuldigdes se regsverteenwoordiger afskrifte van die saakdossier kon bekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.