Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ons eie Trish wen nog ’n groot prys

Weslander se eie bekroonde joernalis en skrywer Trish Goosen het verlede week by die jaarlikse Media24 Legends-prysuitdeling nog ’n veertjie in haar hoed gekry.

Goosen is sedert 2011 ’n verslaggewer by Weslander, waar sy haar passie vir gemeenskapsmense en hul stories uitleef. Oor die jare het sy alles van misdaad, munisipale sake tot sport gedek.

Sy blink egter uit met haar eg Weskus-stories en profiele.

Hiervoor het sy reeds verskeie pryse gewen en is vanjaar tesame met die Legends-toekenning ook as ’n finalis in die FCJ-gemeenskapskoerante-afdeling benoem.

Benewens haar joernalistieke werk het sy ook verskeie boeke die lig laat sien. Haar drie liefdesromans is Liefde op Langebaan (2013), Hartstog op Hartenbos (2015) en Vurig op Flaminkevlei (2016), wat deur NB Uitgewers gedruk en uitgegee is.

Dié drie verhale speel in vakansiedorpe af, waarvan Langebaan en Velddrif Weskusdorpe is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.