Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ons sal poach’, sê hengelaars

Die departement van bosbou, landbou en visserye is ten spyte van ongelukkigheid in die vissersbedryf optimisties oor die implementering van sy vissersbeleid.

Dit volg nadat die minister, Senzeni Zokwana, die naweek verskeie rolspelers in die vissersbedryf ontmoet het, het die departement in ’n mediaverklaring laat weet.

’n Fokus op die kleinskaalse beleid (SSFP) en die toewysingsproses van visvangregte (Frap) vir 2020 is onder meer bespreek.

Plaaslik wag kleinskaalse vissers steeds om uitsluitsel te kry oor dié beleide van die departement, veral aangesien vele gesoute vissers in die streek vanjaar geen visvangregte ontvang het nie. ’n Groep vroue van Laaiplek wat ook hul regte verloor het, is nou van plan om die minister en sy departement hof toe te sleep.

’n Deel van die probleem met die toekenning van die onlangse visvangregte, of die gebrek aan regte, is dat visvangregte vir die volgende 15 jaar geld voordat vissers weer aansoek kan doen.

In die groep ontevrede kleinskaalse vissers is daar ook die kreefvissers wie se kwotas met 43,6% vir 2018-’19 gekrimp het.

Die kreefvisser Neville Cloete van Paternoster het aan Weslander se susterskoerant Son op Sondag gesê dié kwotas dryf vissers om te stroop.

“Ons gaan nie wag vir permitte en vir die departement om sy huis in orde te kry nie. Ons gaan moet poach, want ons moet lewe,” het Cloete aan die weekblad verduidelik.

Die veiligheid van vissers op see is ook glo by die vergadering genoem en die departement sê hy sal met “sleutelrolspelers moet werk om raamwerke vir veiligheid op see en toestande van diens” te verbeter.

Transformasie in die sektor, die behoefte aan sosio-ekonomiese impakstudies en samewerking tussen die bedryf en die departement is ook in die sessie bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.