Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontevrede oor reaksietyd

Vervolg van bl. 1

Maandagmiddag het iemand glo probeer om JJ Schoeman se broer met ’n skroewedraaier voor die huiswinkel aan te val toe hy soontoe is om te hoor of iemand weet wie die messteker is wat Saterdagaand toegeslaan het. Schoeman reken dis nie uitgesluit dat dié man en die messteker moontlik dieselfde mens is nie.

Die polisie het bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is met betrekking tot hierdie twee voorvalle nie.

Schoeman het by die polisie gekla dat dit hulle agt uur geneem het om op Saterdagaand se inbraak by hul kleinhoewe te reageer.

Kapt. Gotlieb Adams, bevelvoerder van Hopefield-polisie het Woensdag aan Weslander gesê hulle het beperkte hulpbronne wat personeel en voertuie betref. Hy het verduidelik die polisie was elders besig toe Schoeman hulle van die inbraak verwittig het en dat beamptes so gou as wat hulle beskikbaar was, na die kleinhoewe is.

Hy het ook gesê die gebied waar die motor ontdek is en die messtekery asook die inbraak plaasgevind het, is ’n gebied bekend vir misdaad en ’n uitdaging vir die polisie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.