Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ordonnansie vir ‘strande’ sluit nie swem in

Alhoewel daar nie tans ’n ordonnansie bestaan wat spesifiek op strande in die Saldanhabaai-munisipale gebied betrek­king het nie, beskik die munisipaliteit wel oor ’n regulasie vir sy openbare geriewe.

Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) het hierdie ordonnansie opgestel ingevolge Artikel 156 van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996.

In die dokument word die definisie van openbare geriewe uiteengesit as enige gebou, fasiliteit, grond of bates wat aan die munisipaliteit behoort of gehuur word en waartoe die publiek toegang het.

Kampeerterreine, woonwaparke, swembaddens, sportterreine, tuine, staproetes, ontspanningsgebiede, vakansieoorde en spesifiek ook strande word hierby ingesluit.

Die dokument stel SBM in staat om openbare geriewe voldoende te bestuur en om besoekers of inwoners wat die reëls oortree soos uiteengesit hierin, te beboet.

Alhoewel daar melding van strande gemaak word, bevat die ordonnansie nie regulasies met betrekking tot swemmers of waterveiligheid nie.

Volgens Heinrich Robertson, woord­voer­der van die Weskus-distriksmunisi­paliteit, die oorkoepelende raadgewende munisipaliteit waaronder SBM ingedeel is, is die bestuur van strandgebiede op die Weskus “uiters kompleks” omdat nie net die munisipaliteit maar ook verskeie regeringsdepartemente daarby betrokke is.

. SBM het nie teen druktyd op Weslander se vrae hierop gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.