Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Orkes hou noot ná brand

Die Phakama-kunsstigting, wat blootstelling gee aan plattelandse kunstenaars, het verlede maand ’n konsert vir die Basuin-orkes van Wuppertal gehou.

Dié orkes het al hul instrumente in die verwoestende brand verloor wat in Desember plaasgevind het.

Meer as 40 huise is in puin gelaat met dié brand en 200 inwoners is dakloos. Phakama kon uiteindelik 15 instrumente én musiekstanders aan die orkes skenk. Volgens Vernon Vraagom, direkteur van Phakama, het die oorhandiging met ’n konsert gepaard gegaan waar die musikante sommer hul nuwe instrumente kon toets.“Ons wil al ons borge bedank vir hulle bydrae en ook elkeen wat die konsert bygewoon het,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.