Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Oues kort sorg’

’n Navorser vir Solidariteit Helpende Hand sê die samelewing moet beter vir bejaardes sorg, want hulle het die huidige generasie met liefde en omgee grootgemaak.

Solidariteit Helpende Hand het ’n verskeidenheid nasionale projekte wat poog om die swaarkry van behoeftige mense te verlig. Dié projekte is onder meer bejaarde projekte wat daarop fokus om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer. Die genoemde navorser, Hannie Viljoen, se nuutste verslag was oor ouetehuise en hul inwoners om spesifiek die behoefte aan ondersteuning en dienste te bepaal en vas te stel in watter van hierdie behoeftes Helpende Hand en die gemeenskap kan voorsien.

Daar het 50 tehuise aan die opname deelgeneem en 450 bejaarde inwoners het die vraelyste voltooi.

Hoewel armoede onder bejaardes nie noodwendig voorkom of verbreek kan word nie, kan die geestelike en emosionele armoede van bejaardes beslis aangepak word.

  • Hoe lyk tehuise en bejaardes se konteks:• • Die grootste groep van die tehuis se inwoners is vroulik, met die grootste persentasie ouderdom (54%) tussen 80-89 jaar, waarvan 12% ouer as 90 jaar is. • Ongeveer 40% van die bejaardes is ten volle afhanklik, benodig voltydse sorg of ’n sekere mediese toestand is by hulle gediagnoseer.

Hierdie toe­stand is onder meer ’n liggaamlike gestremdheid, blind- of doofheid, of lewe met ’n psigiese steuring, soos depressie en angs. ’n Kleiner persentasie van die tehuise se inwoners het alzheimers of demensie.Die gemiddelde tariewe vir verblyf is R6 619 vir ’n enkelkamer, R8 461 vir ’n dubbelkamer en R7 591 vir die versorgingseenheid. Byna 40% van die bejaardes ontvang ’n staatsubsidie. Die bydrae is R984-R3 541 per inwoner per maand.

Ongeveer die helfte van die inwoners ontvang ’n Sassa-toelaag, ongeveer R1 800, wat hul verblyf moet betaal en maak nie voorsiening vir die volle verblyfkoste nie. Dan is uitgawes soos kruideniersware en mediese onkoste nog nie eens ter sprake nie. • Byna die helfte van die bejaardes (47%) het geen toegang tot ’n mediese fonds nie en moet op die staat se mediese versorging staatmaak.• Die meeste van die bejaardes (83%) het kinders, van wie die helfte ook finansieel na hulle omsien. Byna 40% van die bejaardes se kinders kom haal hulle nie vir uitstappies nie.

Slegs 34% van die bejaardes sien hul kinders weekliks en ’n baie klein persentasie van die bejaardes (6%) is bevoorreg om daagliks ’n besoek van ’n geliefde te geniet. Verder ontvang 20%-30% van die bejaardes maandeliks of jaarliks ’n besoek van hul geliefdes.

Dit is dan met groot hartseer om te verneem dat ongeveer 40 bejaardes se familielede hulle nooit kom besoek nie. Ongeveer 30 bejaardes het aangedui dat hulle geen ondersteunings­netwerk het nie.

Só kan die publiek help:• Die dienste wat tehuise nie kan bekostig nie, is instandhoudingspersoneel, fisio- en arbeidsterapie, beradings- en maatskap­like dienste en spraakterapeute. • Die grootste behoefte aan materiaal vir aktiwiteite is wol, breinaalde en bordspeletjies.• Tehuise benodig vleisprodukte, groente en vrugte, asook ligdiode, kruideniers­ware, beddegoed en matrasse. • Bejaardes benodig toiletware (76%), brille (50%), gehoorapparate en doeke (30%) of griepinspuitings. • Die grootste behoefte aan aktiwiteite wat deur die bejaardes aangedui is, is die behoefte aan uitstappies en geselskap.

Skakel 012 111 8360 of besoek Helpende Hand se webwerf vir die inligting van jou naaste Helpende Hand-tak.

  • Plaaslike tehuise waar inwoners hulp kan verleen:
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.