Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Personeel maak stem dik oor bonusse en kraamvoordele

Werkers van die wynplaas Org de Rac in die Piketberg-omgewing, sowel as personeel van Laaiplek Spar het onlangs aan vreedsame betogings deelgeneem vir onder meer gelyke aanstellingsgeleenthede vir alle mense, kraamvoordele, jaarlikse bonusse en salarisverhogings.

Die werkers behoort aan die Suid-Afrikaanse demokratiese werkersunie (Sadwu) wat hulle in twee afsonderlike betogings, die een in Piketberg en die een in Laaiplek, verteenwoordig het.

In albei gevalle is ’n memorandum aan die werkgewer gedurende die betogings oorhandig en gevra dat terugvoering aan die unie en die werkers binne ’n sekere tydraamwerk sal geskied.

Volgens Sebs James Venfolo, plaaslike verteenwoordiger van Sadwu, is die spertyd vir terugvoering verby, maar die twee sakeondernemings het nog nie terugvoering gegee nie.

Daarom sal die werkers volgens Venfolo weer glo vandag (Donderdag 8 Oktober) voor Laaiplek Spar betoog.

Volgens Lee-Ann Human, menslikehulpbronne­bestuurder by Laaiplek Spar, is die onderneming “bewus van die onbeskermde betoging van agt van die winkel se personeellede op 25 September. Die saak sal intern besleg word”.

Die personeel van Org de Rac sal ook volgens Venfolo aan ’n tweede betoging deelneem.

Org de Rac het nie teen druktyd kommentaar oor die betogings aan Weslander gegee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.