Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Piketberg se ant Stella ter ruste gelê

Die bekende ant Stella Pieterse (81) van Piketberg is Saterdag 21 Junie ter ruste gelê. Sy is op 13 Junie oorlede.

Brian Pieterse, Stella se seun, het Maandag aan Weslander gesê bloeddruk, suikersiekte en ouderdom het uiteindelik sy tol geëis en tot haar dood gelei.

Brian is die skoolhoof by Steynville Primêr.

Stella het 14 jaar gelede ’n erge beroerte oorleef en het sedertdien van ’n rolstoel gebruik gemaak.

Brian het met trots gesê sy ma was ’n “hardwerkende, ongetroude enkelma” wat 27 jaar by Hoërskool Piketberg se seunskoshuis gewerk het. “In al daai tyd was sy net een dag af,” het hy met deernis bygevoeg.

Stella het in haar jonger dae netbal gespeel en in die die VGK-koor gesing.

Sy word deur haar drie seuns en een dogter oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.