Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie aan stuur van ondersoek

Die Suid-Afrikaanse maritieme veiligheidsowerheid (Samsa) se ondersoek na ’n ernstige bootbotsing op die Bergrivier in Laaiplek verlede Oktober is afgehandel.

Volgens kapt. Tania Helfrich, plaaslike polisiewoordvoerder, kon die polisie nou, te danke aan die afhandeling van Samsa se ondersoek, uiteindelik ’n dossier aanlê.

Weslander het op 31 Oktober verlede jaar berig oor die bootbotsing wat op 26 November 2019 plaasgevind het. Drie mense, glo besoekers aan Velddrif, is ernstig in die voorval beseer. Een van hulle se toestand was kritiek. Hy was op die boot vasgekeer en sy bene vergruis, waarna hy deur twee barmhartige samaritane gered is. Hierdie beseerde man het uiteindelik sy been verloor.

Johan Bester van Velddrif en sy vriend Dolla Brand van Port Owen het die beseerde man, wat sy been verloor het, se lewe op die dag van die botsing gered. Bester het die rubberboot gesien voor dit minute later ’n seiljag, wat in Rooibaai vasgemeer was, getref het. Dit was Bester se mening dat die boot ietwat onverskillig bestuur is. Hy het ook vertel dat luide musiek van die rubberboot geblêr het voor die botsing plaasgevind het.

Die polisie is tans besig met hul eie ondersoek, waarna die bevindings na ’n staatsaanklaer by die plaaslike hof gestuur sal word. Volgens Helfrich sal die staatsaanklaer dan besluit of die bestuurder van die boot strafregtelik vir roekeloosheid vervolg sal word, al dan nie.

Weslander het onlangs geskryf oor nuwe wette vir die verantwoordelike gebruik van die Berg­rivier. Hierdie regulasies het op 1 Septem­ber verlede jaar in werking getree. Die regulasies vereis onder meer dat almal wat bote op die rivier gebruik, dit op ’n bedagsame manier doen en nie ’n oorlas van hulself maak nie. Niemand mag ’n boot so bestuur dat dit ander mense of eiendom in gevaar stel nie.

“Die publiek word weer eens gewaarsku om in die komende feestyd alle reëls en regulasies streng na te kom,” maan Helfrich.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.