Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie en GPF van Elandsbaai hou biddag teen misdaad

Die Elandsbaai-polisie in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Dinsdag 10 Maart ’n biddag in die Verenigende Gereformeerde Kerk in Elandsbaai gehou.

Hierdie geleentheid is ’n inisiatief van die Vredendal-kluster se gemeenskapspolisiëringforum (GPF) en word kwartaalliks in verskeie dorpe gedoen.

Kospakkies word ook by so biddag uitgedeel. Dit word die “ubuntu” genoem, ’n projek wat daargestel is om aan die behoeftiges in die gemeenskap nou en dan ’n kospakkie te oorhandig.

Kospakkies is ook aan die uitgewese behoeftiges in Elandsbaai oorhandig.

Henry Arangie, voorsitter van die Vredendal-kluster se gemeenskaps­polisiëringsforum (GPF) het die woord aan die polisielede sowel as die gemeenskap bedien.

Die boodskap was duidelik: “Ken God in alles wat jy aanpak en doen en Hy sal vir jou deurkom. Ons moet bid vir mekaar.”

Die gebed was ook vir misdaad teen vroue en kinders in die land asook “die boosheid en euwels wat in ons gemeenskappe landwyd heers”.

Gebede het ook uitgegaan aan die manne en vroue in blou wat misdaad bekamp

Ouers is herinner aan hul pligte ten opsigte van ander mense se kinders en om die gesegde – “Jou kind is my kind” – te beklemtoon en kinders is gemotiveer om ouers asook grootmense in die gemeenskap met respek te behandel.

Kapt. Errol Els, die Elandsbaai-polisie se stasiebevelvoerder, het die gedragskode aan die gemeenskap en die polisielede voorgelees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.