Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisieman gooi tiener glo met koppie

’n Saak van aanranding is geopen ná ’n polisieman glo ’n tienerseun van Louwville met ’n teekoppie gegooi het om hom ’n les te leer.

Die seun (16), wie se identiteit weerhou word omdat hy minderjarig is, se pa beweer sy seun is Donderdag 19 Januarie deur die polisiebeampte, wat van diens af was en oorkant hul woon, met ’n koppie in die gesig gegooi terwyl hy en maats krieket in die straat gespeel het.

“Hy het vier snyplekke aan sy gesig opgedoen, en elkeen moes steke kry,” beweer die pa.

Volgens die pa strek die voorval al uit Desember toe sy seun ’n krieketbal in die beampte se erf gaan haal het, wat daar beland het terwyl hulle in die straat gespeel het. Die beampte werk by Vredenburg-polisie.

“Daardie agtermiddag toe kom soek hy my kind, met sy baton in sy hand,” beweer die pa en vertel hoe hy liewers die seun gaan wegsteek het.

Verlede Donderdag was die gort weer gaar.

“My kind het weer buite krieket gespeel toe die beampte hom roep, maar my kind het hom geïgnoreer, uit vrees vir wat kan gebeur.”

Die pa beweer die beampte het sy seun toegesnou: “Jy sal nou sien wat met jou gaan gebeur” en hom toe met die porselein koppie in die gesig gegooi dat dit breek. Volgens die pa het hul dieselfde dag nog ’n klagte by die polisie aanhangig gaan maak, en alhoewel die beampte ’n paar dae later verskoning kom vra het, sal hul nie die saak terugtrek nie.

“Iewers moet ’n lyn getrek word. Hierdie man werk in die gemeenskap en moet ons beskerm, hoe verwag hy moet ons hom respekteer as hy so aangaan?” het die pa gevra.

“Hy gee ’n swak naam vir die polisie.”

Die pa beweer sy graad 8 seun is vir eers uit die skool omdat hy deur die voorval getraumatiseer is.

Kol. Mfihlakalo Patoleni, speurhoof by Vredenburg-polisie, het bevestig ’n saak van aanranding word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.