Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisieman van strafbare manslag verkla

’n Saak van strafbare manslag word teen ’n polisiebeampte verbonde aan Vreden­burg ondersoek nadat ’n vrou van Velddrif Vrydag 6 Maart in ’n botsing dood is.

Weslander het Donderdag 12 Maart berig die botsing wat Adele Huysamer se lewe op die Vredenburg-Velddrifpad geëis het, word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.

Die berig het genoem ’n plaaslike polisieman word betrek.

Die aard van die klag is egter eers ná die publikasie van verlede week se berig deur Opod se woordvoerder, Sontaga Seisa, bevestig.

“Opod ondersoek ’n klag van strafbare manslag nadat ’n polisievoertuig in ’n botsing in die Weskus betrokke was. Die polisiebeampte wat bestuur het, is in hegtenis geneem en is op waarskuwing vrygelaat,” het Seisa skriftelik aan Weslander vermeld.

Die polisieman is ook met beserings gehospitaliseer, maar is sedertdien ontslaan.

Die datum van sy eerste hofverskyning is nog nie bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.