Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisievrou (40) neem eie lewe

’n Polisievrou van Elandsbaai het Sondag 28 Junie haar eie lewe agter die Bobbejaansberg naby die see geneem.

Sers. Erica Titus (40) het haar dienspistool omstreeks 21:30 gebruik om haar tyd hier op aarde te beëindig.

Volgens sers. Gert Titus, ’n polisie­woordvoerder en kollega van Erica (geen familieverwantskap), het sy die afgelope 13 jaar by die Elandsbaai-polisiekantoor gewerk en ook in die dorp gewoon.

Gert sê Erica het in 2007 by die polisie as ’n konstabel aangesluit. Sy is op 1 Maart verlede jaar tot sersant bevorder.

Titus vertel met deernis Erica het altyd haar gemeenskap gedien en hul belange op die hart gedra. Sy was ook by die sigbarepolisiëringafdeling betrokke, was ’n sektorbevelvoerder en betrokke as koördineerder by die slag­offerondersteuningsgroep.

Erica is op 8 Mei 1980 in die Citrusdal-distrik gebore.

“Die polisielede asook die gemeenskap is geskok en hartseer oor haar heengaan,” het Titus bygevoeg.

“Sy was ’n steunpilaar vir haar familie en vriende. Jou vriendelike stemmetjie het nou stil geword.”

Haar begrafnis het verlede Saterdag 11 Julie by Tweefontein-plaas in Citrusdal plaasgevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.