Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polo tref bus; vyf sterf

Altesaam vyf mense is Woensdagaand (10 Julie) in ’n grubotsing omstreeks 20:25 tussen ’n bus en ’n motor op die N7 sowat 3 km buite Moorreesburg dood.

Daar is vroeër berig dat ses mense in die ongeluk omgekom het, maar volgens sers. Nicolette Visagie, ’n woordvoerder van die Moorreesburg-polisie, is die bestuurder van die motor – ’n Volkswagen Polo – sowel as vier vroue wat in die bus gery het, in die botsing dood.

Die bus behoort aan Eldo-busdiens en was glo met 16 passasiers op pad na die Noord-Kaap toe die botsing gebeur het.

Die busbestuurder het aan polisie op die toneel vertel dat hy in ’n noordelike rigting na Piketberg gery het toe die bestuurder van die Polo, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, na bewering in sy baan inbeweeg en reg van voor teen die bus gebots het.

Die busbestuurder het beheer oor die bus verloor en dit het in ’n stuk veld langs die pad beland.

Die bestuurder van die Polo is op slag dood, terwyl ses mense onder die bus vasgepen is. Vier van hulle was die vroue wat later op die toneel dood verklaar is.

Nog nege beseerdes, almal passasiers in die bus, is na ’n nabye hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem. Hulle het matige tot ernstige beserings opgedoen.

Die polisie kon teen druktyd steeds nie die identiteit en ouderdomme van die oorledenes bevestig nie. – Maryke Swart

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.