Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Porterville-onnie help só

Mari Jordaan, ’n inwoner van Porterville, het weens die uitdagings wat Covid-19 vir baie ouers veroorsaak, met ’n blink plan vorendag gekom hoe sy ouers en leerders kan help.

Jordaan bied aanlyn klasse vir leerders van graad 1 tot graad 3 aan.

Synde sy self ’n ouer is, verstaan sy hoe ouers en leerders voel oor die toestand waardeur die land tans gaan. “My doel is om ouers te help wat nie noodwendig nou hul kinders in die heroplewing van die virus wil terug stuur skool toe nie.”

Sy het onderwys (grondslagfase) aan die Universiteit Stellenbosch studeer het al sewe jaar se ondervinding onder leerders van verskillende ouderdomme opgedoen.

“Ek sal vir hulle klasse gee in lewensvaardighede, Afrikaans, wiskunde en Engels,” sê sy.

Jordaan wil graag individuele klasse aanbied waar elke leerder die nodige aandag en hulp met hul vakke kry.

Sy hoop egter dat die klasse vinnig sal groei sodat sy nog mense kan aanstel. Bel Jordaan by 066 254 1398 om meer uit te vind oor dié aanlyn klasse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.