Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Program reik uit na kinders, gesinne

Die Kinder- en familie-program is in April 2015 die eerste keer as ’n afgevaardigde Kinderbeskermingsorganisasie hier in die Weskus geregistreer. Die program is een van vele wat deel is van Vital Connection, wat reeds in 2001 as ’n nieregerings-organisasie gestig is.

Die doel van die program is om die maatskaplike behoeftes van die gemeenskap aan te pak deur voorkomende bewusmakingsprogramme aan te bied om sodoende ’n verandering in die denkwyse sowel as die leefwyse van gemeenskappe teweeg te bring ten einde die gebrekkige maatskaplike siklus te breek.

Onlangs het die program ’n versoek aan die gemeenskap gerig om betrokke te raak by die projekte wat hulle op die been wil bring. Dit sluit projekte in soos ’n gemeenskapsgroentetuin wat die gemeenskap die nodige vaardighede sal bied om in hul basiese behoeftes te voorsien en self verantwoordelikheid te kan neem, sowel as ’n nasorgsentrum wat skoolgaande kinders kan help om die nodige hulpbronne te verskaf om hul skooltake en -aktiwiteite in ’n veilige omgewing te kan voltooi.

Fiona McCree van die Kinder- en familie-program het in Saldanha grootgeword en ken die omstandighede van die mense en lewe om haar gemeenskap te help en moedig mense aan om dieselfde te doen.

“Die gemeenskap kan betrokke raak deur die programme te ondersteun en dit by te woon. Skole kan groepe identifiseer en verwys of selfs die fasiliteerders nader om programme by die skool aan te bied.

“Enige skenkings om die programme te bevorder, is ook welkom, soos skryfbehoeftes, opvoedkundige materiaal, professionele kennis en vaardighede, professionele dienste, geld, rekenaars, skootrekenaars en meer.”. Belangstellendes wat wil help, kan Fiona McCree by 022 714 3556 bel of WhatsApp na 062 281 5655 of e-pos na remmelienfiona@gmail.com stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.