Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Raadsheer se pad Skei vir eers van politiek

“Daar is ’n tyd om te begin en daar is ’n tyd om terug te tree, en ek staan nou terug.”

Ná meer as ’n dekade in die plaaslike politiek het raadsheer Joubert Skei besluit hy is klaar daarmee.

Skei (45) het in April sy bedanking as hoofsweep van die ANC ingedien. “Ek sal nooit my gemeenskap ophou dien nie. Jy moenie wag tot die mense jou uitstoot voor jy loop nie, so ek gaan nou terwyl ek op ’n goeie noot kan eindig,” sê Skei.

Hy meen politici wat te lank dien, raak gemaklik en beskou dan later hul amp as ’n reg en nie die voorreg wat dit is nie.

Dié Upington-boorling is sedert 2002 deel van die plaaslike munisipale raad.

Terwyl sy bedanking ’n skok was vir lede van die ANC, op plaaslike sowel as provinsiale vlak, meen Skei raadslid Goodman Sipholi sal hom goed van sy nuwe taak as ANC-hoofsweep kwyt.

Skei sê hy het reeds in 2016 geweet, nadat Marius Koen (DA) as burgemeester verkies is, dat hy klaar is met plaaslike politiek.

“Die amp van burgemeester was nie vir my beskore nie. Ek het toe reeds besef ek het gedoen wat ek kon op grondvlak, maar dit was nog nie die regte tyd om te gaan nie. Die party het my nog nodig gehad.”

Volgens Skei het hy bygedra om sy medelede gereed te kry vir die politieke spel. Sy nuwe planne is om die land vol te reis.

Benewens sy nuwe werk as sakeman, sê Skei hy sal nooit politiek los nie. “Wie kan sê wat in die toekoms gebeur? Wie weet, dalk is ek in 2021 op die nasionale byeenkoms as my comrades my kies.”

Hy sê sy vrou, Rhonda, sal ook eersdaags uit haar posisie in plaaslike politiek bedank.

Die plan is dan om glo ’n politieke paartjie te vestig.

Hy sê egter hy en Rhonda sal nie soos die Mandelas wees nie, maar eerder soos die voormalige Amerikaanse president Barack Obama en sy vrou, Michelle.

Skei sê hoewel die Noord-Kaap sy geboorteplek is, is dit hier aan die Weskus waar hy finaal ter ruste gelê wil word. “Daar is ’n rede hoekom die nommerplate CFG is – I came for good. Lê my neer in die sentrale begraafplaas,” sê Skei.

. Sy raad vir politici aan die opposisiekant:

“Beweeg weg daarvan om alles te politiseer. Aanstellings is grootliks ANC-gedrewe en kyk net na die tydelike werkers van die munisipaliteit en kyk na die blou T-hemde wat hulle ná werk aantrek.

Die DA in die Wes-Kaap het ook dié week sy grootste fout begaan om Patricia de Lille af te dank.”

. Die werk wat wag:

“Ek glo die mense op ANC-grondvlak sal die wa deur die drif trek. Die ANC is aan die groei en ek glo ons sal in die 2019-verkiesing beter vaar as wat die party ooit gevaar het.

“Ons nuwe president, Cyril Ramaphosa, is nie geskaad nie. Daar is ’n vertroue waarop ons moet bou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.